Theatre
Festival: KKNK 2025, Suidoosterfees 2025

Sonde Met Die Spoke

Cast / Band Members

Veronique Jephtas, Tinarie van Wyk Loots and Michele Burgers
Sonde Met Die Spoke img

n Ko-produksie van KKNK & Suidoosterfees; ondersteun deur NATi

Skemer daal neer op Arbeidsgenot op Oudtshoorn. Angelique Jacobs, ’n sekuriteitswag by die Langenhoven-museum, maak gereed om te sluit … En dan begin die verlede letterlik by haar spook. Sy word gekonfronteer met ’n geskiedenis wat sy gedink sy geken het, maar die geeste van die verlede het ’n ander verhaal om te vertel. Marianne Thamm, bekroonde ondersoekende joernalis, se eerste toneelstuk het ontstaan uit haar eie nuuskierigheid oor wie en wat Langenhoven was en wat hy vandag beteken. Met humor en patos gee sy stemme aan die spoke van die verlede.