Theatre
Festival: Aardklop 2025, KKNK 2026

Verwelkingslied

Cast / Band Members

Antoinette Kellermann and Dawid Minnaar
Verwelkingslied img

n Ko-produksie van Suidoosterfees & Momentum Beleggings Aardklop; moontlik gemaak deur NATi & Het Jan Marais Nationale Fonds

In Breytenbach se laaste toneelstuk word ons op reis geneem deur die meester wat homself by sy eie begrafnis voorstel. Breyten tree hier in ’n bewussyn-verruimende asook intieme gesprek met ’n ou verhoogaktrise. Vir oulaas wil hy álles opweeg – maar kan die ou aktrise sy laaste woorde na waarde vertolk? Verwelkingslied is Breyten Breytenbach se ontroerende swanesang, kort voor sy dood in 2024 vir die Suidoosterfees geskryf en opgedra aan Antoinette Kellermann en Marthinus Basson.